Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 January 201810 February 2020

Carina van der Walt. Twee vakansie indrukke – die wrang kant

 

 

Paternosterblues

 

soggens lê visserbakkies leeg

onderstebo deurmekaar

ongebruik op die strand

teen ’n poeierkwassieblou lug

 

ons probeer help & eet meer kreef

want die vismark staan leeg –

die vrye mark is ’n boelie

& sit met silwer aan tafel

om die vissertjies te keel

 

agter indigo luike sien ons

later hoe ’n kreefverkoper

met sy krat die see in loop

om verlepte krewe te lawe

 

saans kets ons spoelklippies op

ondeurdringbare staalblou water

terwyl meeue oor kreefreste

duik & mekaar krysend aanval

 

@Carina van der Walt

 

 

Piëta in Bloemfontein

 

die obelisk is ’n dun

regopstaande swaard

met ’n ryk versierde hef

teen die yl winterlug

 

ons boere was koppige hemelbestormers

wat krepeer het soos gras wat oornag doodryp

vir volk & vrou – ingebeitel vir taal & God –

teen die wêreld se grootste mag

 

my verdriet kerf skielik ’n yskegeltraan

ingedagte toets ek die skerpte van die swaard

streel ek oor ouma se kop in die geves

kleindogter blink op haar ma se skoot

 

dié wintergras is met hongersiektes & bloed gevoed

dit dra duidelik die afdruk van my & my ma se voet

 

@ Carina van der Walt

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d