Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 February 201916 February 2019

Nuwe Publikasie: Grondwater (Marlise Joubert)

 

grondwater

marlise joubert

Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het ’n boustof wat getuig van ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk.

Dit is ’n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ’n leeftyd, haar jeugjare, die besef van eie sterflikheid, digmaak, sosio-politiese kwessies, kleinkinders en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die self en die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.

.

 OOR DIE OUTEUR

Marlise Joubert debuteer in 1971 met die digbundel ’n Boot in die woestyn. Sy het in haar leeftyd drie romans gepubliseer, te wete Klipkus, Oranje Meraai en Ateljee van glas. Klipkus het in Nederlands verskyn as Rode granaat (1981), asook verskeie kortverhale in tydskrifte gepubliseer. Sy skryf verskeie radiodramas en is vier keer bekroon in die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie. Verder is sy die samesteller van In a burning sea, ‘n bloemlesing met 30 Afrikaanse digters se verse wat in Engels vertaal is. Haar bundel splinterverk word genomineer vir die SALA Poësieprys. Haar agste digbundel, bladspieël, verskyn in 2015 en word genomineer vir die Elisabeth Eybers Poësieprys, asook die ATKV Woordveertjie vir Poësie. Sy skryf en skilder tans voltyds, en vertaal soms kinderboeke.

(Protea Boekhuis, 2019; R160.00 (BTW ingesluit), ISBN: 978-1-4853-1020-4, Formaat : 213 x 137 mm; Sagteband, 112 bls)

 

.

berg

.

waarheen dan nou

watter kant suid of noord

hoe ver vir ander grond terwyl

ek opkyk na die berg, o die berg

in wasemstilte vasgevang blou monnik

geanker in sy aard met riempieshande gevou

oor kontoere in sy skoot asof smekende:

verlos ons berge van die waternood

en alle ander node maar

.

sien jy my dan ook en hoe my oë

jou aai hoe ek jou in hart en long steeds hou

wat van mý want waarheen moet ek gaan

waar skadu’s gordel teen die songeskroei

waar is méér lig geiler ruimtes en

koestering watter kant suid of noord

hoe ver is so ’n reis vir ander grond

en berg hoe naby aan die ver

kant van die dood?

.

(Uit: grondwater. Marlise Joubert, Protea Boekhuis, 2019)

.

’n Bekendstelling by die Digtersparadys in Stellenbosch tydens Woordfees sal plaasvind op 9 Maart om 5nm.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Marlise Joubert (Grondwater) →

4e gedagtes oor “Nuwe Publikasie: Grondwater (Marlise Joubert)”

  1. Leon Retief says:
    18 February 2019 at 19:43

    Veels geluk Marlise!

    Reply
  2. Marlise says:
    18 February 2019 at 12:44

    Baie dankie, CharlPierre en Beyten! Waardeer soveel.

    Reply
  3. Breyten Breytenbach says:
    17 February 2019 at 17:24

    Om my stem by dié van Charl-Pierre te voeg: Veels geluk met die nuwe bundel, Marlise. Die ‘lusmaker’ belowe reeds dat dit ‘n kragtige en meesleurende werk is. Mag dit die dorstige lesers se versmagting na werklike lafenis les in hierdie dorre tye wanneer alles om ons brand – en afgeteken staan in die treurige lig van vergaan.

    Reply
  4. C-P Naude says:
    17 February 2019 at 16:44

    Baie geluk, Marlise. Mag hierdie bundel, soos hul voorgangers, en nog meer so, die letterkunde van Suid-Afrika verryk, en ook plesier bring vir baie lesers.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons
  • Koos de Wet. Pollenys
  • Erwin Rode. Die opvaart van die afvalliges
  • Betani Wiese. Tuin

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d