
Verslag
Clinton V du Plessis
Hierdie “Verslag” is die digter, Clinton V du Plessis, se tiende en laaste Afrikaanse digbundel. Hy besin oor sy lewe, en lewer in drie afdelings, getiteld Lewe, Werk en Dood, kommentaar op ʼn bestaan in hierdie land. (Roepman Uitgewers, 2019, R200,00, Sagteband, 228mm x 152mm ISBN 978-0-620-83540-4, pp 128.) Die bundel kan by clintonvduplessis@gmail.com bestel word.
O, droewe en wye land
.
Kyk, Poppie (3), gee weer voor sy is dood beweer
hy onder eed:
“dit het minstens 20 keer gebeur.”
Michael (5),
het gespartel, toe verdrink
in ’n puttoilet, op skool.
In die Manenberg,
dáár waar die gun rule,
was Clayton (12) in die pad
van ’n verdwaalde koeël.
Só kan ons aanhou tel
en vertel van die hel
om hiér net kind te probeer wees.
.
[Uit: Verslag, deur Clinton V du Plessis. 2019]

Nee man. Clinton!
Ja, Daniel.
Laaste Afrikaanse digbundel, Clinton?
Om een geval uit te lig en te bedig, meer te verewig, sal seker uiteindelik daartoe lei dat praktiese planne teen die vreeslike terreur van bendes teweeg te bring.