Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 July 2019

Nuwe publikasie: Die trouservies (Benno Barnard) vert. deur Daniel Hugo

Omslag

Die trouservies

Benno Barnard

Vertaal deur Daniel Hugo

Benno Barnard is ‘n veelsydige Nederlandse skrywer wie se werk poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Binne en buite, verlede en hede, liefde en dood, die persoonlike en die openbare skep ’n tematiese rykdom en ’n boeiende estetiese spanning in sy werk.  Die verse self vertoon ‘n vaste vorm wat weens die digter se tegniese vernuf klinkklaar soos water vloei.

Benno Barnard se uitsonderlike stem is nou ook in Afrikaans hoorbaar danksy Daniel Hugo se teksgetroue maar soepel vertaling. In ’n nawoord plaas prof. Yves T’Sjoen hierdie gedigte in ‘n breër literêre en maatskaplike konteks.

Daniel Hugo het al meer as vyftig werke uit Nederlands in Afrikaans vertaal; dit sluit in romans, digbundels, asook kinder- en jeugboeke.  Hy is in 2014 en 2017 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy vertaling van onderskeidelik Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en Terpentyn. Deesdae is hy voltyds ’n vertaler en vryskut-taalpraktisyn. [Naledi, 2019. Sagteband, 104p. Prys R220.  ISBN 978-1-928426-87-5]

Pianoforte

Sien u daardie Europese meubelstuk by uitstek, okkerneut,
kandelare, gebou deur Stephan Hain in Krefeld
vir die statiese, Wilhelminiese, sonnige salon

van ’n morsdood dame in ’n reeds lank vergane japon?
Ek bedoel omstreeks 1910 en terstond sien ek so ’n stywe
mevrou met ’n goewernante, ’n poësiealbum

en heimwee na haar meisiedae; en ongetwyfeld druk die eksbruid
se vingers die vrees vir haar opdringerige eggenoot
saans in die vorm van die noodsaaklike dromerigheid uit.

Nou staan daardie ding in my woonkamer en swyg,
net so dood soos die boom waarvan hy gemaak is. Maar
sien u nie ook ’n voormalige Duitstalige provinsiestad,

Tjernowitz of so iets, met kastaiinglanings, ’n byna reeds
ekspressionistiese son, ’n okerkleurige skoolgebou,
bedaarde antisemitisme, jong digters – die hele

wêreld wat nog uitgewis moet word, voor die troepe kom,
die konvooie, die kornette met hul praatjies en, onder ’n snor,
’n melodie uit die negentiende eeu; voor die nag toesak

en die reën val en die modder styg en die kollaborateur swaai
aan ’n boom wat nie in ’n klavier verander nie? Hoor tog hoe
die kadense van die kontinent hul saans uit oop somervensters stort!

[Uit: Die trouservies.]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’sjoen. Benno Barnard in Afrikaans
Resensie: Die trouservies (Benno Barnard). Vert. deur Daniel Hugo. →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d