N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo
Vir VWL
ek dra die blou steen in my hand
hy vat my hart na anderland
in die agterplaas wat flikker
van die son het ek hierdie fles
vol gruis gemaak – louwarm glim-
mer dit nou in my skrywersnes
met die duifblou gruis in my hand
hunker my hart na Sutterland
– ’n silwer herberg in die sneeu –
jy weet presies hoe beef die hand
© Daniel Hugo
My gedig verwys onder meer na die volgende ongepubliseerde kwatryn van VWL, in die 1950’s geskryf in Amsterdam terwyl hy verlang na Suid-Afrika:
Die glas is deurskyn in my hand
tienduisend myl l^e Sutterland
– ‘n silwer herberg in die sneeu –
die Here weet hoe beef die hand.
In werklikheid is Nederland natuurlik sesduisend myl (tienduisend kilometer) van Suid-Afrika.
Van daar doer af, veral as dit bibbertyd in die sneeu is, voel dit natuurlik soms ‘n paar duisend myl verder. Dankie vir die geslypte/geslepe vers – hy kan ook in daardie onthoufles in.