(Covid-19 Italië)
Asemhaal
‘n verpleër haas na die man op bed een vier nege wat
met ‘n onbeholpe hand woel aan die masker op sy gesig,
veilig toegekokon in ‘n wit ruimtepak vra die verpleër
sonder om aan die ou man te raak “qual è il problema?”
flou vaal oë draai na die venster “la terra respira” en
‘n krom hand wys na die ongekende blou oor die stad
en die vlerkpalet van twee skoenlappers teen die ruit
en die verpleër knik “si, die aarde haal weer asem…”
© Hannes Visser, 2020