
die vis in die hemel
vir N.P. van Wyk Louw
die water waak
die sprong is silwer
die vis verwater
in die kolskyf van gegolfde horisonne
die vis was nougeset
die water was sekuur
en die sprong self het gespring
buite die meer se soom
die lig raak nou die golwe baas
verower die oewer
die oppervlak weerkaats in die hemel
wat modderbruin lyne kry
troebelrig deurmekaar
sit ek op die kaai en verskuif
deur die silwer sprong
my fokus van die gesigseinder na die mikpunt
anderkant die onsigbare bodem
is daar talle afrikas
wêrelde en hemele van vorme en kleure
wat maak ek hier
© Jerzy Koch (uit: Pleks van plaas, Naledi, 2020)

Wat n besonderse prestasie! Die vergestalting in die
vers herinner sterk aan Lyonel Feininger.
Dig Jerzy Koch ook in Pools en Nederlands?