N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo
dat pyn bestaan, is nodig
sorgelose liefde lei maklik
tot onversorgde verse: die digter
gooi woorde rond, dekadent
soos ’n ryke sy geld strooi
maar sodra die liefde instort
begin die digter op sy woorde let
weet hy verlies is ’n belegging
tel hy sy pyn sent vir sent
© Daniel Hugo (Die twaalde letter, 2002)