Francois de Jongh. Nuwe Normaal

 

Nuwe Normaal

  ‘n Puntdig

 

wat was is

steeds

maar met ekstra

hoek en sinker

gelood

in vrees

die dood

van vlees

 

omgewingsvreemd

agter lapmaskers

bo-oor dit

wat reeds

vermom is

 

© Francois de Jongh, 14.08/20

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Francois de Jongh. Nuwe Normaal”

  1. Ans Scholtz :

    Francous de Jongh het n diep, geheime en raakvat vermoe om te filosofeer en vas te pen. Hy het sy merk in digkuns gemaak en wag opgewonde vir elke waarheid wat geplaas word.

Los kommentaar

 

*

  •