Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (30)
Seamus Heaney. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws.
Chanson d’Aventure
Die liefde se misteries vermeerder wel in siele,
Die liggaam is egter sy boek.


lll
Die drywer by Delphi staan sy man,
Sy ses perde en strydwa weg,
Sy linkerhand afgeknot
By ‘n gewrig wat na vore steek soos ‘n oop tuit,
Bronsteuels verroer in sy regter, sy blik voor hom uit
Leeg nes die plek waar die span moet wees,
Sy oë-front, penregop houding soos my eie
Tydens fisio in die gang, die vashou só
Asof ek my weer eens kom kry in pas
Tussen twee ploegsterte, iemand se hand op myne,
Elke geglip van die skaar, elke klip getref
het soos ‘n pols geregistreer in die houthandvatsels.
***
Chanson d’Aventure
Seamus Heaney
Love’s mysteries in souls do grow,
But yet the body is his book.
lll
The charioteer at Delphi holds his own,
His six horses and chariot gone,
His left hand lopped
From a wrist protruding like an open spout,
Bronze reins astream in his right, his gaze ahead
Empty as the space where the team should be,
His eyes-front, straight-backed posture like my own
Doing physio in the corridor, holding up
As if once more I’d found myself in step
Between two shafts, another’s hand on mine,
Each slither of the share, each stone it hit
Registered like a pulse in the timbered grips.
(Die wenner van die strydwa-ren destyds, Polizalos van Gela, 474 vC, het stadig nog ‘n ronde om die Hippodroom gery net na die resies: daarom is die beeldfiguur in so ‘n regop posisie).
Bronverwysing:
Heaney, Seamus. 2011. Human Chain. London: Faber and Faber (p.16).

Puik! Mooi gemaak, mooi gelaat staan.