Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 December 20205 February 2021

William Wordsworth. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (31)

 

William Wordsworth. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Ollie Olwagen.

 

Ek wandel soos ’n wolk van rook

(Met apologie aan William Wordsworth)

 

Alleen het ek gewandel soos

Die rook wat hang bo my Tokai

Toe sien ek in die swart S’doos

Die groot getoi-toi in die baai.

Die lywe wieg, die taaiers brand,

Die tone boor diep in die sand.

 

Aaneen, aaneen soos sterre skyn

En flonker aan die hemelband,

Strek hul in eindelose lyn

Maar gitswart aan die baai se kant:

Tienduisend grypend na die kans

Om kop te ruk en woes te dans.

 

Die golwe langs hul dans ook vry,

Maar vryer nog die freedom-skaar —

’n Digter kan hom nooit verbly

Om soveel gramskap te ervaar.

Ek staar — en staar — maar sou nie dink

Dat soveel weedom daar sou wink.

 

Want dikwels later op my bed,

In mymeringe min of hoog,

Flits weer die dag van rou verset

 

Die trap-trap voor my geestesoog;

Dan dans ek saam, steeds weer en weer,

En nou’s my voete vreeslik seer.

 

 

***

 

 

I Wandered Lonely as a Cloud

William Wordsworth

 

I wandered lonely as a Cloud

That floats on high o’er Vales and Hills,

When all at once I saw a crowd

A host of golden Daffodils;

Beside the Lake, beneath the trees,

Fluttering and dancing in the breeze.

 

Continuous as the stars that shine

and twinkle on the Milky Way,

They stretched in never-ending line

along the margin of a bay:

Ten thousand saw I at a glance,

tossing their heads in sprightly dance.

 

The waves beside them danced, but they

Outdid the sparkling waves in glee: –

A poet could not but be gay

In such a jocund company:

I gazed – and gazed – but little thought

What wealth the show to me had brought:

 

For oft when on my couch I lie

In vacant or in pensive mood,

They flash upon that inward eye

 

Which is the bliss of solitude,

And then my heart with pleasure fills,

And dances with the Daffodils.

 

Bronverwysing:

Wordsworth, William. 1807. Poems. London: Longman, Hurst, Rees & Orme.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Percy Bysshe Shelley. Vertaling in Afrikaans. →

2e gedagtes oor “William Wordsworth. Vertaling in Afrikaans”

  1. Jann Mansvelt says:
    2 December 2020 at 13:22

    Besondere gedig, maar ‘n vertaling? Verwerking tog eerder, of liewer nog, ‘n nuwe vers met Wordsworth se affodille-vers as inspirasie en metriese ruggraat?

    Dit laat die brandende vraag ontstaan:
    wát is vertaling? wat geld as “vertaling”, wat as nuwe gedig-met-inspirasie-van of deur…?

    Enigeen wat hier helderheid kan bring?

    Reply
  2. Waldemar Gouws says:
    1 December 2020 at 20:37

    Wonderlik! Geskryf tot op ‘n tiekie: van al die (vrugbare) gramskap tot by die kapot voete. Dankie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d