Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (70)
Kobus Moolman. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Melanie Grobler.
Naamgewing
‒ ter nagedagtenis: Michael Wessels (1958-2018)
Dit is nog donker.
Geen voëlgesange nie, alhoewel die nag byna verby is.
Slegs ’n paar hane kraai in die dorp.
En ’n nabye werktuig bons sy lae bastoon.
Iewers is daar ’n gat, ek voel dit.
Iets ontbreek in die wêreldorde.
Ek voel dat alles waaraan ek vat, uitmekaar sal val of verkrummel.
Die Aarde is omgeploeg, en ek gly.
My hande weet nie meer wat om te doen nie
Hulle sukkel wanneer hul probeer om gewone woorde uit te spreek.
Soos blom, boom, berg.
Soos rivier, rots, vrou.
Ek voel dat iets afwesig is, afwesig soos ’n geamputeerde steeds sy arm voel.
Die arm waarmee hy sy kinders omhels ‒
Om sy vrou vas te hou.
Hierdie afwesigheid en skerp teenwoordigheid van pyn,
het ’n naam en ’n gesig.
Ek moet ’n naam vind sodat ek staande kan bly
selfs wanneer die grond geploeg is:
die naam van hierdie afwesigheid is jou naam
die gesig van hierdie afwesigheid, jou gesig.
***
Kobus Moolman
Naming
‒in memoriam: Michael Wessels (1958-2018)
It is still dark.
No birds are singing, though is almost over.
Only a few roosters crow in the village.
An engine close by beats its low bass.
There is a hole somewhere. I can feel it.
Something is missing from the order of the world.
Everything I touch feels as if it could shatter or crumble.
The earth is tilted and I am sliding.
My hands don’t know what to do anymore
when they pronounce the usual words.
Like flower, tree, mountain.
I can feel it the way an amputee still feels his arm.
The arm he used to hold to hold his children –
to hold his wife.
And this absence, this presence of sharp loss,
has a name and a face.
I must name it so that I can stand
even though the earth is tilted:
the name of this absence is your name;
the face of this absence, your face.
Bronverwysing:
Moolman, Kobus. 2020. The Mountain Behind The House. The Dryad Press Living Poet Press ISBN 978-1-990936-5-5. p. 58.