Waldemar Gouws. Beeld van ‘n wilgerboom
beeld van ‘n wilgerboom
die bedelaar is pas by my adres verby
vir eers op (gevoelige) voete af in die middagstraat
die honde kom bedaar
met ‘n stukkie anysbeskuit
in die wilgerpatroonbakkie uitgelê
tel ek as eksegeet
een van my skuldige seëninge
– en distansieer my nou eers
van die oue Totius
© Waldemar Gouws