Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 June 202124 June 2021

Waldemar Gouws. Andrew Geddes Bain (1797-1864). Vertaling in Afrikaans

 

 

 

Andrew Geddes Bain. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws

 

Die reis na die Mzimvubu-rivier in 1829

(met apologie aan Andrew Geddes Bain)

 

12 junie 1829

is vanmôre af na die rivier

om seekoeie te skiet

daar voor my was cane en mnr. fynn egter al

hierdie lieflike kans

was net hulle s’n:

veertien seekoeie wei op die wal

(tot my verdriet)

so ‘n geleentheid kry jy nie sommer nie …

 

13 junie 1829

niks van belang gebeur vandag nie

die reent het vroeg begin

hou onverpoos heeldag aan

– dis onplesierig so tussen die lang gras

wat in die land van die amaponda ongelooflik na bo tier –

nietemin daglank gaan die inboorlinge voort

(ek is gesteurd verras)

met sing en dans en sing en dans

 

die amapondas is een van die gelukkigste volke op aarde

(is dit hoe dit hoort?)

hulle is altyd sien ek in ‘n goeie luim

 

© Waldmar Gouws, 2021

 

 

***

 

Journey to the Umzimvubu River, 1829

 

June 12th Went down to the river this morning with three of my people to shoot sea cows, but Cane & Mr Fynn had got to the place where they were before me and had a beautiful shot at fourteen of them standing on shore, an opportunity not often to be had …

 June 13th Nothing of consequence occurred today as it continued to rain with little intermission all day, which made it very disagreeable among the long grass which grows in the Amaponda country to such a tremendous height that it is quite incredible. The natives, notwithstanding, kept dancing & singing all day. I believe the Amapondas to be one of the happiest people on earth; they are always in good humour.

Uit: Bain, Andrew Geddes. 1949. Journals of Andrew Geddes Bain: Trader, Explorer, Soldier, Road Engineer and Geologist. Edited with Biographical Sketch and Footnotes by Margaret Hermina Lister. The Van Riebeeck Society: Cape Town (p.111).

Die naam van die rivier, Mzimvubu, beteken “tuiste van die seekoei.”

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Waldemar Gouws. Beeld van ‘n wilgerboom
Waldemar Gouws. Uit die donkerte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d