Die eerste episode van die podsending Sitkamer het pas verskyn. Mercy Kannemeyer neem die leiding in die gesprek tussen boekliefhebbers oor die betekenisassosiasies van ‘n sitkamer. Die gespreksgenote is Earl Basson, Bibi Burger, Janien Linde, Alwyn Roux en Remona Voges-Van Huyssteen. Daarnaas gesels Alwyn Roux met Yves T’Sjoen oor die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika en Mercy Kannemeyer met die P.C. Hooftpryswenner Alfred Schaffer.
Luister na die eerste episode by die volgende skakel: Episode 1: Maak jouself (on)gemaklik. In gesprek met Yves T’Sjoen en Alfred Schaffer by Sitkamer • A podcast on Anchor. Die temalied van Sitkamer is gekomponeer deur Franco Prinsloo en Angie Gallagher is Sitkamer se formidabele redigeerder.
Maak seker om ons te volg op Facebook by Sitkamer | Facebook en stuur gerus ‘n e-pos na sitkamerpod@gmail.com. Sitkamer word met trots aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA).