Kwatrynkompetisie (19)
Kelkiewynkwatryn
Sy ark raak daagliks duwwer onder strenge kwarantyn,
laat hierdie Noag vlugte waag teen covidkoors en pyn:
Hy stuur sy waterdraerpatryse uit, die wingerdwêreld oor
en wat hul vir die heildronk bring, is pure engelwyn.
© Pirow Bekker, 2021