Kwatrynkompetisie (48-49)

 

48

 

klink op gesondheid nou ‘n kelkie wyn!

erken die ware gewydheid van ons samesyn

verlig om kaalvoet in die son te bly lewe:

hoe vergal  was al ons nagte tog in kwarantyn!

 

*

 

49

 

gegroet! klink op gesondheid nou ‘n glasie wyn

om dit weer reguit te stel in hierdie kwatryn:

want wyn is die venster om deur mense te sien

blyk daar ‘n waarheid of is alles net skyn?

 

© Waldemar Gouws, 2021

 

 

 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.