76
Pasop vir wingerdgriep
Covid sal dit laat verdiep
Geniet ‘n glasie lekker wyn
Goeie druiwe was opgepiep
*
77
Goeie wingerd , lekker druif
Ons moet net vir Covid gou verskuif
Wie kan al die stories glo
Kom ons maak die wyn en fuif
*
78
Druif uit die wingerd word wyn
Verfrissend soos winterson wat skyn
Covid se greep deur regering versterk
Geniet wyn , laat sorge verdwyn
© Hampie van Staden, 2021

