52
Van Covid 19 storie kan mens nie veel glo
Party sê sus en ander so
Maar in die wingerde het ons aanhou werk
Iewers in die toekoms is wyn weer bo
*
53
In die wingerde doen ons als net reg
Dan mense, is die wyn nooit sleg
Covid het ‘n stok in die speke gesteek
Ons beur voort, ons is nie sy kneg
© Hampie van Staden, 2021

