Kwatrynkompetisie (92&93)
92
Ontkenning
pak vir ons ‘n knapsak met brood en wyn
na waar skerwe son deur die blare skyn
sodat ons bandeloos kan eet en drink
in die waan dat die virus gaan verdwyn
*
93
Kaapse kwatryn
as jy my post-virus sal staat’n vra
watter las die swaarste was om te dra
sou ek sonder om te hesitate kan sê
dit wassie absence van my wyn, my bra
© Hannes Visser, 2021