94
Parskuipe wen
wingerde met merlot en cabernet
het meer as sewe jaar droogte gely
maar selfs ‘n onbekende sluiperpes
kon die parskuipe nie leeg laat bly
*
95
Vra vir Khajjam
vir ‘n kwatryn oor wyn gaan na o khajjam
die digter van ‘n edel persiese stam
vra hom oor die peste van sy tyd
hy sal dan verklaar wyn blus ‘n pes se vlam
© Hannes Visser, 2021

