Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 April 2021

Yehuda Amichai. Vertaling in Afrikaans / Bester Meyer. Die uitvindsel van woordsweef

 

                                                                                                             

Dis ʼn Jammerte, Ons was so ʼn Goeie Uitvindsel

deur Yehuda Amichai (soos vertaal deur Bester Meyer)

 

Hulle het ons bene

By die heup afgesit.

Wat my aanbetref

Is hulle almal snydokters. Almal van hulle.

 

Hulle het ons ontmantel

Van mekaar vervreem.

Wat my aanbetref

Is hulle almal ingenieurs. Almal van hulle.

 

Dis ʼn jammerte.

Ons was so ʼn goeie

En liefdevolle uitvindsel.

ʼn Vliegmasjien geskep uit man en vrou.

Met vlerke en ieder al.

Ons het bo die aarde gesweefhang.

 

Ons het selfs ʼn bietjie gevlieg.

 

*

 

Die Uitvindsel van Woordsweef

deur Bester Meyer

 

miskien kon ons vlieg

toe ons jonk was –

voor die ek en die jy

die jood en die arabier

die wit en die swart

die ons en die hulle (?)

(in die Utopia van ʼn God)

 

miskien was daar vryheid in ons vlug

soos wanneer twee vreemdelinge vlug

om mekaar te vind

deur in hulle verdwynende liggame

Een te word,      dit:

as dit nie vir afwesigheid was nie

(as dit nie vir teenwoordigheid is nie)

 

kyk, óók die hulle is deur die vlug geskep

deur die rook en die oker

is die ons deur die hulle vervang

en die amputasie bloot ʼn onvermydelikheid

 

ʼn wending om ons finaal te leer

‘mense is voëls

wat nie kan vlieg nie’

en digters herhalers

van dit wat glo

nie gesê mag word nie –

 

maar nee, ons mag nie die vlug versaak nie

want die kuikens moet nou weer leer om te vlieg

in hierdie eeu van niksseggende (bo?)menslikheid

in hierdie outonome vervreemdingslandskap

waar die strewe na eenwo(o)rding

uitgewis word na gelang van (geval)

(geld en goed(ge)koop(te) weelde −)

 

en as dit dan beteken

dat die ons

(soos die ons van ouds)

vir oulaas die hand

van hulle arm moet afkap,

laat dit dan so wees

 

en laat die hand altyd aanhou

om ʼn paar woorde (na gelang van geval) neer te pen

in die sagte sand van (ʼn nuwe) medemenslikheid

wat dan straks weer môre deur die see uitgewis sal word:

 

ons moes swewe om te kon vlieg

en skrywe om te kon leef

 

 

 

 

A Pity, We Were Such a Good Invention

Yehuda Amichai

 

They amputated

Your thighs off my hips.

As far as I’m concerned

They are all surgeons. All of them.

 

They dismantle us

Each from the other.

As far as I’m concerned

They are all engineers. All of them.

 

A pity. We were such good

And loving invention.

An aeroplane made from man and wife.

Wings and everything.

We hovered a little above earth.

 

We even flew a little.

 

Amichai, Y. 2015. The Poetry of Yehuda Amichai. Farrar Straus and Giroux. Soos vertaal in Engels deur Assia Gutmann.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Don Maclennan. Vertaling in Afrikaans
Magmoed Darwiesj Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d