Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 2021

Magmoed Darwiesj Vertaling in Afrikaans

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer

 

En hy het teruggekom in ʼn kis

 

Terug by die huis vertel hulle ’n storie –

Hulle vertel ’n storie van hartseer

oor ’n vriend van my

wat ons verlaat het

en teruggekom het in ’n kis.

 

Sy naam was …

maar moenie sy naam vermeld nie!

 

Hou dit in julle harte

om te verhoed dat dit

in die lug sal wegkwyn soos as.

 

Laat dit ’n oop wond wees

wat nie verbind kan word nie.

 

Ek is o so bang geliefdes.

Ek is o so bang verweesdes.

Ek is bang dat ons sy naam sal vergeet

in die skare name.

Ek is bang dat dit sal agterbly

in die winter se windvlae.

Ek is bang dat ons wonde

in ons harte sal sluimer.

in ons harte sal sluimer.

 

 

Terug by die huis vertel hulle ’n storie –

Hulle vertel ’n storie van hartseer

oor ’n vriend van my

wat ons verlaat het

en teruggekom het in ’n kis.

 

Toe hy by die deur uitgeglip het

het hy nie vir sy moeder totsiens gesê nie.

Hy het nie met ʼn Sien jou môre! gegroet nie.

Hy het as ʼn Muhajer na die doderyk gegaan.

Hy het uitgesluip terwyl die hele familie nog geslaap het

en het nie ʼn boodskap gelos – soos wat ʼn reisiger – sou doen nie.

Hy het nie − om twyfel uit die weg te ruim – gesê:

Ek sal terugkeer – nie.

En hy het nie ʼn woordjie neergeskryf

om sy moeder se nag te verhelder nie.

 

Sy moeder, die een wat met die hemel en dinge praat

en sê: O kopkussing van hierdie bed

                          O sak klere –

                        O nag en sterre

                        en God en wolke –

Het julle nie ʼn swerfling gewaar nie?

Sy oë is twee sterre.

Sy hande is twee mandjies blomme.

Sy bors ʼn kussing vir sterre en die maan.

Sy hare ʼn swaai vir die wind en blomme.

Het julle nie ʼn swerfling gewaar nie?

Hy is ʼn reisiger wat nie weet hoe om te reis nie.

Hy het sonder proviand gegaan −

 

Wie sal hierdie jong man voed

as hy honger word oppad?

Wie sal hom as vreemdeling genade betoon?

My hart breek vir jou, jy,

met hierdie booshede op jou pad.

My hart sal met jou wees:

O jong man – O my seun!

 

Vertel vir haar: O nag en sterre

                         en paaie en wolke –

Sê vir haar: Jy sal nooit die antwoord

                               kan verduur nie!

Want die wond is groter as jou trane

groter as jou hartseer en jou lyding −

Jy sal dit nie kan verduur nie.

Jy sal nie geduldig kan wag nie,

want hy het gesterf, en hy was jonk!

 

Moet nie die trane verdelg nie,

want trane, liewe moeder, het wortels

wat elke dag met die nag praat en sê:

O karavaan van die nag, waar kom jy vandaan?

Soos die paaie van die dood met die trane van reisigers gevloed word

só word die paaie van smart verhinder

as jy vir ʼn oomblik of twee kan stop om jou voorkop en oë af te vee

ter gedagtenis aan hulle wie se lot voor ons beskik is.

Ons geliefdes – Al Muhajereen

o moeder van my vriend,

moet nie die trane verdelg nie.

Los ʼn paar trane in die put van jou hart

want môre mag sy broer, sy vader, sy vriend of ek sterf.

Hou ten minste twee trane ter gedagtenis aan dié wat môre sal sterf.

 

Terug by die huis sê hulle baie van my vriend –

van hoe die koeëls sy bors en wange en gesig gebrand het.

Moet dit nie probeer verklaar nie.

Ek het die wond gesien.

Ek het die wond se dimensies aangegaap.

My hart het gebreek vir ons kinders en elke moeder wat ʼn bed vasgryp.

 

O broeders van die martelaars moet nie soveel keer vra

wanneer ons seuns van die slagveld sal terugkeer nie.

Moet nie vra oor hulle swerftog na die kruin van die berg nie,

vra eerder wanneer die mans sal wakker word.

 

 

 

Muhajer (meervoud: Muhajereen) – ʼn Persoon wat migreer om ʼn spirituele verpligting na te kom. Word gebruik met betrekking tot vlugtelinge wat moes vlug om vervolging as gevolg van geloofsoortuiging te ontkom of rakende diegene wat veg vir vryheid. In die Islam tradisie verwys dit ook na die Hijrah.

  

Uit ʼn woonkamer in die Gaza:

https://www.youtube.com/watch?v=pxkOTHTidNg

 

*

 

They are telling a Story Back Home – Mahmoud Darwish

 

They are telling a story back home,

They are telling the story in sorrow,

About this friend of mine who left,

and came back in a coffin.

His name was…..

Don’t mention his name!

Keep it in our hearts,

Don’t let the word be wasted in the air like the ashes.

Let it be an open wound,

That can’t be bandaged up.

I’m afraid, o’ my loved ones,

I’m afraid, o’ orphans,

I’m afraid that we may forget him in the crowd of names.

I’m afraid he may be lost in the gusts of winter.

I’m afraid that our wounds will slumber in our hearts.

I’m afraid they will slumber.

 

They are telling a story back home,

They are telling the story in sorrow,

About this friend of mine who left,

and came back in a coffin.

As he slipped out the door,

He didn’t say ‘Farewell!’ to his mother.

To the loved ones and the friends,

He didn’t say, ‘See you tomorrow!’

He left as a ‘Muhajer’ to the lands of death,

He snuck out while the whole family was asleep,

And he didn’t leave a message,

As travellers usually do,

saying ‘I will return’,

To silence the doubts.

And he didn’t write a word,

To light the night of his mother,

Who is talking to the heavens and things,

Who is saying, “O’ pillow of the bed! Bag of clothes! O’ night! O’ stars! O’ Lord! O’ Clouds!

Haven’t you seen a wanderer?

Whose eyes are two stars,

whose hands are two baskets of flowers,

whose chest is a pillow for the stars and the moon,

whose hair is a swing for the winds and the flowers,

Haven’t you seen a wanderer?

A traveler who doesn’t know how to travel?

He left without provisions,

Who will feed this young man,

if he gets hungry along his way?

Who will have mercy on a stranger?

My heart feels for you,

with the evils of the road

My heart is with you

O’ young man! O’ my son!

 

Tell her o’ night o’ stars o’ roads o’ clouds!

Tell her, ‘You will never be able to bear the answer’,

For the wound is greater than the tears,

greater than the sadness and the suffering,

You won’t be able to bear it,

You won’t be very patient,

Because…

Because he died, and he was young!

O’ mother of he,

Do not uproot the tears,

because tears, o’ my mother, have roots,

that talk to night every day,

saying, ‘O’ caravan of the night, where are you crossing from?’

As the roads of death are flooded by the tears over travellers,

the roads of sadness would be blocked if you stopped,

for two moments to wipe the forehead and the eyes,

and carry a souvenir for those who fulfilled their destiny before us

Our loved ones, ‘Al Muhajereen’,

O’ mother of he,

Do not uproot the tears,

And leave a couple tears in the well of the heart

Because in a tomorrow, his brother, his dad, or his friend – myself – may die.

Keep for us, those who will die in a tomorrow, at least two tears…

Two tears..

 

They are telling a lot about my friend back home,

Of the burns of the bullets in his cheeks, and chest, and face.

Do not explain the matter,

I have seen his wound,

I have gazed at its dimensions a lot.

My heart feels for our children,

and each mother hugging the bed,

O’ brothers of the martyr,

Do not ask so much,

When will our son return from the battlefield.

Do not ask about his walk to the summit of the mountains,

But ask when will the men wake up.

 

Bronverwysing: https://polarabicpoetry.tumblr.com/post/94714524746/

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yehuda Amichai. Vertaling in Afrikaans / Bester Meyer. Die uitvindsel van woordsweef
Francisco X. Alarcón. Vertaling in Afrikaans. →

5e gedagtes oor “Magmoed Darwiesj Vertaling in Afrikaans”

  1. martin says:
    30 May 2021 at 12:38

    Baie dankie vir n baie mooi vertaling
    Dit vloei oor n mens se lippe. Ek Lees dit oor en oor.
    Wat van “Now as you awaken” deur Omia Amin en Rick London my gunstulWKing?.

    Reply
  2. Johan Coetzee says:
    20 May 2021 at 14:08

    Tydig!

    Reply
  3. Bester Meyer says:
    18 May 2021 at 06:20

    Ek waardeer die kommentaar. Ons bid saam vir die mense daar.

    Reply
  4. charl-pierre naude says:
    14 May 2021 at 22:24

    Stem saam met Helize. Dankie, Bester.

    Reply
  5. Helize van Vuuren says:
    13 May 2021 at 19:17

    Jerusalem brand, en Hemelvaart –
    Darwiesj se woorde staan in dié vertaling by ons, in ons nerwe.
    Meer ter sake kan ‘n vertaling vir hierdie tyd seker nie wees nie. Dankie, Bester Meyer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d