Kwatrynkompetisie (149 – 152)
149
bestyg ‘n heuwel en vind altyd lig
in kovidtyd veral weer in ‘n gedig
met eikewyn met brood, vind ek
in skranderes ‘n intellektuele insig
150
die groeikrag van hektaars wye wyngrond
ook kovid bitterheid in my musikale mond
‘n boeket van frankbessies op my palet
so ryp en rond, so donkerpruim-gesond
151
en weer – na die moedeloosheid
tree in ‘n berustende gelatenheid
kovidherfsson so mooi deur ‘n prieel
nou niks verwyt – en ook geen spyt
152
en weer – na die moedeloosheid
tree in ‘n berustende gelatenheid
kovidherfsson so mooi deur ‘n prieel
nou niks verwyt – en ook geen spyt
© Annora Eksteen, 2021