
Uit die Merseburgerse towerspreuke
’n Towerspreuk is in 1841 ontdek in ’n manuskrip uit die jaar 10. Die spreuk word verdeel in drie dele – ’n vertellende deel, die “spell”, en die eintlike towerspreuk. Die drieledigheid van die towerformule word verklaar deur die helende krag van die getal Drie.
Phol (ander naam vir Balder) en Wodan (Odin) ry in die woud en Balder se perd beseer sy een been. Vier godinne probeer die besering besweer en genees, maar tevergeefs. Dan kom die hoogtepunt: (Da besang ihn Wodan) “Toe besweer (en genees) Wodan hom”. Hierdie towerspreuk is ook in Oudindies bekend. Skaapwagters het probeer om hulle diere met beseerde pote met hierdie spreuk te genees (vert. DWV).
Bron: “Aus altdeutscher Zeit – Von den Anfängen bis zur Dichtung des Barock”.
Outeur: Rosenhagen-Röttger. Neubearbeitet von Johannes Rudolph.
Ernst Klett Verlag Stuttgart 1966
Wodan se towerspreuk
Vol en Wodan ry in die woud
en daar raak Balder se vul se voet verstuit;
toe besweer Sinthgunt en Sunna haar suster, hom
en besweer Frija en Volla haar suster, hom.
Maar toe besweer Wodan hom wat die ding verstaan;
of dit beenverstuiting is of bloedverdunning
of ledemaat verstuit:
been na been bloed na bloed
ledemaat na ledemaat alles weer bymekaar!
Oudgermaanse teks
Phol ende Uuodan vuorun zo holza.
dû uuart demo Balderes volon sîn vuoz birenkit.
thû biguolen Sinthgunt Sunna era suister;
thû biguolen Frîia Volla era suister;
thû biguolen Uuodan sô hê uuola conda:
sôse bênrenkî sôse bluotrenkî
sôse lidirenkî:
bên zi bêna bluot zi bluoda
lid zi geliden sôse gelîmida sîn!
Vertaal uit Oudgermaans via moderne Duits deur De Waal Venter
Opmerking
Afrikaans word bestempel as die wêreld se jongste volwaardige taal. Anders gesien, kan Afrikaans beskryf word as ’n vorm van ’n baie ouer taal, Oudgermaans. En dit kan nog verder teruggevoer word na Indo-Germaans.
Hierbo is ’n weergawe van ’n Oudgermaanse teks en ’n vrye vertaling daarvan in Afrikaans. Die taal het baie verander deur die eeue en verskeie vorme aangeneem, maar die situasie, as mens dit ontmitiseer, het ongeveer dieselfde gebly. Hiermee ’n vertelling van ’n soortgelyke denkbeeldige situasie in Afrikaans.
Oom Osie kan toor met perde
Oom Osie ry die dag in die veld saam met sy seun Barend en dié se twee niggies, Sonja en Sintie. Barend se jong hings was nog ’n bietjie wild en daar trap hy in ’n erdvarkgat voor Barend hom kon keer. Een agterpoot het seergekry.
Almal klim af. Sonja en Sintie voel en vryf aan die perd se been en probeer paai, maar die perd wil nie stilstaan nie.
Wag, sussies, sê oom Osie en haal ’n rol growwe lint uit sy saalsak. Hou vas, beveel hy. Hy bind die lint styf om die perd se enkel en maak dit goed vas. En daar kan die perd weer trap op die poot! Hulle ry stadig huis toe waar koffie en beskuit vir hullewag.
(De Waal Venter)
Onderskrif by die kunswerk:
“Wodan heilt Balders Pferd” deur Emil Doepler

Hier is ‘n weergawe van die “Lorscher” Bienensegen” , wat in die 10de eeu verskyn maar vermoedelik baie ouer is.
Sizi, sizi bîna: inbôt dir sancta Maria.
Hurolob ni habe dû: zi holze ni flûc dû,
noh dû mir nindrinnês, noh dû mir nintuuinnêst.
izi vilô stillo, uurki godes uuillon
(uit: Die Silberfracht, 25)
Sitze, sitze, Biene: Das gebot dir Sankta Maria.
Habe keinen Ulaub: In den Wald fliege nicht,
dass du mir nicht entrinnt, noch mir entkommst.
Sitze ganz stille, wirke Gottes Willen.
(Vertaling in moderne Duits uit Silberfracht, ibid.)
Sit, sit, by. Dit gebied die heilige Maria.
Moenie vakansie neem nie. Moenie in die bos vlieg nie,
sodat jy nie wegvlug of van my wegkom nie.
Sit heeltemal stil, doen die wil van God.
(My vertaling.)
Stein, Gottfried (ed): Die Silberfracht. Ein Lesebuch. Frankfurt am Main: Hirschgraben-Verlag, 1967
Dit kom moontlik versteek voor in Die jakaranda in oktober in Kaar, p44.
‘n Mens sou dalk ‘n soortgelyke stukkie vergelykende kultuurantropologie kon doen met die Middeleeuse byeboer se gebed dat die bye na sy korwe sal terugkeer. Marlene van Niekerk noem dit nie spesifiek in haar bundel nie , maar daar is wel baie bye, ook MIddeleeuses.
“Grimoire” (in Marlene van Niekerk se KAAR, 2013:27-28)gebruik die tweede Merseburg towerspreuk oor die genesing van die perd se gebreekte been. Dit word ‘n sesstrofige liefdesvers vir die saamvoeg van geskeide geliefdes, wat so begin:
hoe anders as jy ver weg slaap
kan ek jou naderraak
as met middernagsillabes (…)
In die vierde strofe gebruik sy die spreuk uit die tweede van “die twee ontdekte gedigte uit die tyd van die Duitse heidendom” (deur die broers Grimm opgeteken in 1842, uit die Merseburg Domstiftbiblioteek, geskryf in Karolingiese minuskels – bron: https://nl.wikipedia.org/wiki/Merseburger_toverspreuken):
sose benrenki
sose bluotrenki
sose lidirenki
ben zi bena
bluot zi bluoda
lid zi geliden
sose gelimida sin
=======
Als botkwetsuur,
als bloedkwetsuur,
als ledemaatkwetsuur:
bot tot bot,
bloed tot bloed,
lid tot ledematen:
als gelijmd laten ze zijn.
Van Niekerk se vers eindig met haar eie verwerking van die Merseburg-spreuk in Afrikaans:
hoe anders as jy ver weg slaap
kan ek jou aanraak as met toorvokabels?
afwesigheid is beenkwetsuur
is bloedkwetsuur
na jou sal ek ‘n weg vind of een maak
van karolingiese minuskels