Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 June 202113 June 2021

Gedig van die maand: Hier is die wenners

 

Sedert 1 April is byna 40 gedigte ontvang vir die “Gedig van die Maand”-kompetisie. Baie dankie aan al die digters wat deelgeneem het. Uiteindelik het die beoordelaars 2 gedigte uitgesonder wat die eerste prys deel. Dit is “Sinesteties” van Daniel Hugo wat volgens die beoordelaars “ware poetry” is, en “Einde van die dag” van Charl-Pierre Naudé wat deur middel van die sentrale metafoor insiggewende kommentaar lewer op die Covid-19-pandemie.

Die beoordelaars was prof. Hans du Plessis en dr. Marni Bonthuys.

 

 

 Einde van die dag

 

Twee suiltjies elk

met ʼn vlammetjie gekroon.

 

Kerse genoem,

of die daeraad van beskawing.

 

ʼn Paartjie sit by ʼn rondetafeltjie

in die laaste restaurant

wat oop is in ʼn kusdorp.

Hulle hou handjies vas

en drink ʼn heildronk.

 

Die tafel

is ʼn kring op ʼn staander

en verskaf die verhogie vir ʼn bietjie verstrooiing.

Hul oë kyk af, gesigte blink

soos maskers in die dowwe lig.

Die kernoomblik, is dit,

in ʼn Griekse tragedie.

 

In ‘n breuk-

sekonde leun hul na mekaar

oor vir ʼn aanraking en voel hulle

hoe dúrend die mense van die outyd was

wat nou vir ewig vort is.

 

Die deus ex machina

bring hul kos op ʼn skinkbord.

Die kerse smelt. Dis maar hoe dit gaan.

 

Die probleem

met ʼn onvergeetlike dag,

soos die geskiedenis,

is dat dit moet eindig. En aanstons

 

gaan party van ons huis toe na ʼn minnebed

en die ander slaap ewe rustig

 

voort deur die onmeetlikheid.

Die oppervlaktes

waarop geëet is bly agter

soos tafels diep in die aarde begrawe.

 

Dit is die lang, lang nag

van die roerlose tyd.

 

Tot, op ’n oggend in die verre toekoms,

die weersomstandighede weer ingeswiep sal kom

met ʼn uitskud van wit doeke

 

soos kelnerinne van bo

die breekware aan’t uitsit,

 

om nogmaals

die omwenteling te begin

wat kortstondig sal uitloop,

teen die aand,

 

in die lewe wat ons ken.

 

© Charl-Pierre Naudé

 

 

 

 

Sinesteties

 

as sterre se lig pulseer

teen dieselfde frekwensie

as die krieke se geskril

 

is die brulpadda se brul

die volmaan wat klokhelder

deur die Karoonag beier

 

en jakkals met sy gehuil?

’n sekelmaan wat skelm

agter die vlieswolke skuil

 

die hees verskrikte kiewiet

wat al om haar nes roteer

flikker soos ’n satelliet

 

as niemand die digter keer

hou hy aan improviseer

 

© Daniel Hugo, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gedig van die Maand: 8 Finaliste
Resensie: Maskers en mure (Daniel Hugo & Francois de Jongh, Samest.) →

7e gedagtes oor “Gedig van die maand: Hier is die wenners”

  1. Nini Bennett says:
    17 June 2021 at 13:43

    Hartlik geluk aan die wenners!

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    15 June 2021 at 15:17

    Aan albei digters: van harte geluk!

    Reply
  3. Susan Smith says:
    15 June 2021 at 12:11

    Hartlik geluk Daniel en Charl-Pierre!

    Reply
  4. Alwyn Roux says:
    13 June 2021 at 20:53

    Ek hou baie van die gedigte! Geluk aan die digters.

    Reply
  5. CP Naude says:
    13 June 2021 at 18:51

    Dankie!

    Reply
  6. Ronel de Goede says:
    13 June 2021 at 16:19

    Veels geluk aan die wenners!
    Mooi wense

    Reply
  7. Bernard Odendaal says:
    13 June 2021 at 13:26

    Gelukwensings, menere. Dis duidelik: Die beoordelaars ken hulle storie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d