Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 June 202124 June 2021

Nuwe Bundel. Magmoed Darwiesj (vertaal deur Bester Meyer): die Vlug van ʼn Vreemdeling

 

 

 

Die Vlug van ʼn Vreemdeling

Magmoed Darwiesj (soos vertaal deur Bester Meyer)

Magmoed Darwiesj (1941-2008) se werk is letterkundig uitsonderlik. Die krities bekroonde digter word gesien as een van die belangrikste digters in die Arabiese taal. Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit sy pen, en hy was redakteur van die internasionale letterkundige tydskrif al-Karmel in Rammallah. Hy word beskou as die stem van sy mense en ’n legende. Sy verse het wêreldwyd aanklank gevind by verskillende groeperinge en word deur sowel arbeiders as skoolkinders voorgedra.

Die Vlug van ʼn Vreemdeling is omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse, en veral van sy latere werk. Vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar.

In Darwiesj se woorde: die mensdom ly aan ʼn ongeneesbare kwaal: hoop. Deur die vreemdelingskap van ander te probeer verstaan kan daar (weereens in Darwiesj se woorde): verhoed word dat hierdie ‘vrede’ ons as ʼn hopie stof sal agterlaat.

 

‘As jy slaap en die sterre tel, dink aan ander

(dié wat nêrens het om te slaap nie).

As jy jouself bevry in ’n metafoor, dink aan ander

(die wat hulle reg om te praat, verloor het).

As jy aan ander ver weg dink, dink aan jouself –

(sê: “was ek maar net ’n kersie in die donker”).’

 

Oor die vertaler

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU. Bester het hom voorheen toegelê op musiek en neem ’n kortspeler met sy eie komposisies, Ontmoet jou onder ’n harvest moon (2010), saam met die musikant Albert Frost op. Bester se debuutdigbundel die Testament  word deur Naledi uitgegee in 2020 tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker genaamd Musiek vir jou ure. Bester is tans besig om die Testament in Engels te herskryf en beplan om dit Rebel Song te noem en is verder besig met ʼn Engelse vertaling van André P Brink se roman Lobola vir die Lewe.

 

[Naledi 2021. ISBN: 9781928530206]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Irize Loots: Vlieg vorentoe
Nuwe Bundel. Aly Freije: Een engel aan de deur  →

1e kommentaar op “Nuwe Bundel. Magmoed Darwiesj (vertaal deur Bester Meyer): die Vlug van ʼn Vreemdeling”

  1. martin says:
    25 June 2021 at 15:08

    Ek het Ric London en Omni Amin vertaling geleer en beindruk almal daarmee.
    Nou vir die Afrikaans BAIE baie
    dankie vir die uitstekende vertaling
    My oorlede skoonvader is deur Jan Smust na die midden ooste gestour in die 1950′ en Kon Arabiers vlot praat Lees en skryf
    Ek miss home nou en wens ek Kon dit met hom deel

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d