Al-ewig
Bond of Union van Martin Escher 1956
my koppe draai om jou heen
en weer koek ek jou nek rek
die onderkant van jou ken
tot teenaan my bo-lip oorkant
die val en hang van ’n gesig
agtertoe terug-op
in die lig ligter gedeelte van die voorkop
ver verby
vlieg jy my dog ek dink gedagte deur
’n alewig-sinkroniese rondgeslingerde spoor
ná/na mekaar
(moenie nou kyk nie maar hou ons al die balle in ons koppe in die lug)
© Marcel Spaumer, 2021