Thomas Deacon. 4 haikoes

 

barnard dokter chris

dans met sophia loren

en sy hart klop wild

 

*

 

ingrid jonker dig

sterre wiegend in die swart

branders klots verwoed

 

*

 

daniël stook sy pyp

sirkeldraai ‘n rookbestaan

steek ‘n woordkers brand

 

*

 

d. j. opperman

dig sy nooi in nartjiegeel

ouma in kaneel

 

© Thomas Deacon, 2021

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*