Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 2021

Nuwe Bundel. Inferno: Dante Alighieri (Vertaal en verklaar deur Cas Vos)

Inferno

Dante Alighieri

Vertaal en verklaar deur Cas Vos

Omslag

Wie met Cas Vos se Die goddelike komedie (2017) kennis gemaak het, sou ’n smakie gekry het van sy uitnemende vertaling van gedeeltes uit die Inferno (I, 1-6; XXVI, 112-120), asook toeligting in sy inleiding en aantekeninge ten opsigte van die historiese en kulturele konteks en die bepaalde verspatroon (die rymende tersine). Sy meesterlike Il Paradiso (2018) het hierop voortgebou en verder bewys gelewer van sy vernuf om vorm en taal te beheer en ’n ware tour de force te skep. Met die huidige bundel kry die leser die volledige Inferno, weer eens met vertaling in rymende tersines, ’n inleiding en verklarende aantekeninge.

Hierdie vertaling van Dante se Inferno is die eerste rymende versvertaling in Afrikaans en ’n unieke bydrae tot die groeiende skat van Afrikaanse vertalings van die wêreld se meesterstukke. Vers-vertaling op hierdie vlak en skaal vereis hoë tegniese vaardigheid, sterk skeppingsdrang, volgehoue toewyding en besondere taal-vermoë – en ’n groot dosis entoesiasme, passie en liefde. Dit is ’n prestasie wat in die voorsienbare toekoms onherhaalbaar is en lank ’n standaardwerk sal wees.

 – W. J. Henderson

 

Oor die outeur

Cas Vos is ’n bekende digter en ook ’n gerekende vertaler. Hy het hom bewys as meestervertaler uit Hebreeus, Grieks en Italiaans. Sy vorige werke sluit in: Die goddelike komedie (2017) en Il Paradiso (2018). In albei het hy homself bewys as meestervertaler van die wêreld se meesterstukke. Sy nuutste bundel, Inferno, is die eerste rymende versvertaling van die meester Dante Alighieri in Afrikaans.

Cas Vos ontvang reeds die volgende pryse: Die Andrew Murray-prys, die Pieter van Drimmelen-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Orde van die Goue Pen deur die Cordis Trust. Hy was vanaf 2004 – 2006 die President van die Internasionale Homiletica Societas. Hy het reeds 12 digbundels die lig laat sien. Sy vertalings sluit in: Die vertaling van Hooglied uit Hebreeus, Fragmente uit die Ilias en die Odusseia van Homeros uit Grieks. Hy het ook Dante se Il Paradiso uit Italiaans vertaal.

 

[Naledi 2021. Formaat: Sagte band, 213 mm x 137 mm, +/- 484 bladsye. Prys: R260.00. ISBN: 9781928530565]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Wat ek van klippe weet: Jan Wagner
Nuwe Bundel. Elly Stolwijk: de laatste framboos →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d