Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 October 2021

Piet van Rooyen. ‘n uur so lank soos ‘n aar

 

‘n uur so lank soos ‘n aar

 

‘n uur so lank soos ‘n aar

is al wat ek by jou wil kom vat

elke holte en ronding van jou lyf

bloedkant na binne gedraai

klein rooi riviertjies van jy

oor elke knobbel en spier

 

‘n uur so lank soos ‘n aar

waar die hart sy fontein kom kierie-klop-klop

aan die plankdun mure van my knus klein kaia

kosyn span ‘n boog oor die kroon van my kop

ek die koning wat lewe spin uit goud

sodat die vel daarvan krul soos die stert van ‘n kat

 

soos ‘n naaimasjien al op sy gare af draf

stikvoet vir stikvoet

blomkant op blomkant met die naat op die pensie

(die mooiste ding aan ‘n vrou is die naeltjie)

met ‘n ragfyn geheime behangsel voor die deur

wat net ek en jy van weet

so pasklaar wil ek jou, my lap

teen my geskeurd voel fladder

 

duiwe wat koer agter verwaaide grassaad op ‘n stoep

glad gevryf met rooi of groen politoer uit ‘n blik

met ringe wat klingel soos hul enkels swik

en hoenders met rooi gekamde lelle wat kloek-klek oor my werf

‘n uur so lank soos ‘n aar

om duimpie vir duimpie uit jou derms te ryg

sodat jy binnesmonds kan kla, hokaai my lief

 

as ons so dom was om minute te hou

uit die oupa-horlosie aan die kopkant van ons bed

sal al die vere uit ons kussings

voor ons starende oë kom waai

dat ons dadelik weer kan vergeet

waar ure begin of waar eindig

 

met elke hap sal ek eers bietjie skietgee, my lam

dat jy jou vere reg kan skud

en tevrede kan sug soos die wind uit ‘n oond

sag soos brood en die vleis van skorsies

net ‘n uur so lank soos ‘n aar

 

© Piet van Rooyen, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d