Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 November 202110 November 2021

Johann de Lange wys SALA-Poësieprys van die hand

 

 

Aan wie dit mag aangaan:

Laat hierdie dien as my amptelike van die hand wysing van die SALA poësieprys vir 2021.

Die toekenning van literêre pryse is ‘n poging om die allerbeste werk van ‘n skrywer of genre te beloon. Dit is egter nie die geval met die SALA pryse nie. Uit ‘n skrywe van SALA aan my vandag blyk dit nou dat ons álmal wenners is, & dat die prysgeld gelykop tussen my en my ‘mede-wenners’ verdeel sal word. Dit stryk nie met die publisiteit vooraf waar pertinent genoem word dat die prysgeld R60 000 is nie. Dit is misleidend & oneerlik.

Dit word duidelik dat SALA bestuur nie in beheer van die prosesse is nie, dat hulle geen benul het van wat pryse, & bekroning behels nie. Dit is alreeds problematies om verskillende tale teen mekaar te wil vergelyk.

So in my kategorie was inskrywings in Afrikaans, Engels, isiXhosa, Setswana, Tshivenda en Sepedi. Die logiese sou wees om die veeltaligheid van ons land in ag te neem & in elke taal ‘n wenner aan te wys. In stede daarvan wil dit voorkom of die keurders ‘n probleem gehad het om ‘n enkele wenner aan te wys, & elk hulle taal as wenner sou wou sien. Dié situasie is vererger deur die SALA bestuur se besluit om dan maar almal gelukkig te hou & die prysgeld soetjies-soetjies te verdeel onder al die ‘wenners’. Die faling van vanjaar se bekronings het onder meer te doen met keurders se onbekwaamheid om ‘n duidelike wenner aan te wys.

Ek het simpatie met die ander digters & skrywers. Hierdie tammeletjie is nie hulle maaksel nie, maar die lomp, onkundige administrasie van SALA. As gevolg hiervan is die SALA pryse betekenis- & waardeloos, & behoort nie met enige erns bejeën te word nie.

 

Vriendelik,

Johann de Lange

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. I Wish I’d Said… Vol. IV (anthology)
SALA reageer op Johann de Lange se brief →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d