Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 November 202110 November 2021

Johann de Lange wys SALA-Poësieprys van die hand

 

 

Aan wie dit mag aangaan:

Laat hierdie dien as my amptelike van die hand wysing van die SALA poësieprys vir 2021.

Die toekenning van literêre pryse is ‘n poging om die allerbeste werk van ‘n skrywer of genre te beloon. Dit is egter nie die geval met die SALA pryse nie. Uit ‘n skrywe van SALA aan my vandag blyk dit nou dat ons álmal wenners is, & dat die prysgeld gelykop tussen my en my ‘mede-wenners’ verdeel sal word. Dit stryk nie met die publisiteit vooraf waar pertinent genoem word dat die prysgeld R60 000 is nie. Dit is misleidend & oneerlik.

Dit word duidelik dat SALA bestuur nie in beheer van die prosesse is nie, dat hulle geen benul het van wat pryse, & bekroning behels nie. Dit is alreeds problematies om verskillende tale teen mekaar te wil vergelyk.

So in my kategorie was inskrywings in Afrikaans, Engels, isiXhosa, Setswana, Tshivenda en Sepedi. Die logiese sou wees om die veeltaligheid van ons land in ag te neem & in elke taal ‘n wenner aan te wys. In stede daarvan wil dit voorkom of die keurders ‘n probleem gehad het om ‘n enkele wenner aan te wys, & elk hulle taal as wenner sou wou sien. Dié situasie is vererger deur die SALA bestuur se besluit om dan maar almal gelukkig te hou & die prysgeld soetjies-soetjies te verdeel onder al die ‘wenners’. Die faling van vanjaar se bekronings het onder meer te doen met keurders se onbekwaamheid om ‘n duidelike wenner aan te wys.

Ek het simpatie met die ander digters & skrywers. Hierdie tammeletjie is nie hulle maaksel nie, maar die lomp, onkundige administrasie van SALA. As gevolg hiervan is die SALA pryse betekenis- & waardeloos, & behoort nie met enige erns bejeën te word nie.

 

Vriendelik,

Johann de Lange

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. I Wish I’d Said… Vol. IV (anthology)
SALA reageer op Johann de Lange se brief →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d