Tanetta kan nooit ophou praat
Dit maak Sue so dikbek so kwaad.
Sy skryf in ‘n brief
Hou op asseblief
Jou stem skril tot af in die straat.
© Annora Eksteen, 2021
*
Mooi Pietman transgender Pampoen
Aantreklike Gretha Pampoen
Wou so graag ‘n ouer vrou soen.
En jy kan maar lag
Ou Piet het gewag
As man kon hy dít beter doen.
© Annora Eksteen, 2021
