Annora Eksteen. Twee limerieke
Op Facebook smeer hulle met stroop
Dit drup af en val in ‘n hoop.
Ag wat maakit saak
Die kan niemand skaad
Net moeilik om daarin te loop.
© Annora Eksteen, 2021
*
Daar trou twee gays in ‘n tuin
Dis liefde wat uit hulle skyn.
‘n Era gebeur
Die son straal fraai deur
Bont blombrûe regoor die pienk lyn.
© Annora Eksteen, 2021