DAARDIE UUR SONDER UUR
asof jy in die middel van ‘n sin
my in die rede wil val met iets,
iets verrassend wat jy onthou,
wat te mooi is vir woorde,
maar jy dit perfek ampersê
met jou bolip wat,
effe oopgetuit,
versag tot ‘n binneglimlag
en ons vlieg
in daardie uur sonder uur
(Titel uit Orinoco p. 110, Vandag is boordensvol, Pablo Neruda in Afrikaans)
© Pieter Hugo, 2021
