‘n TREURENDE DAG VAL UIT DIE KLOKKE
‘n treurende dag val uit die klokke
en beier oor die stomme horison
ek strompel voort deur herhaalde skokke
‘n treurende dag val uit die klokke
jou stem verstil met als wat ons nog kon
‘n treurende dag val uit die klokke
ek steier oor die stomme horison
(Titel uit Herfs kom terug, p. 101, Vandag is boordensvol, Pablo Neruda in Afrikaans)
© Pieter Hugo, 2021
