i Lente Spring
Li se geliefde hang in die bos
Vas in die bitterbessie taai bos
Die liefde laat haar bloei
Lente-kersiebos-gloei
O, vrek, die geliefde kom nie los.
ii Lente Spring
Sy streepjas haak in ‘n kersbos vas
Wind waai hom in ‘n haak-en-steek vas
Hy maak vinnig broek los
Om sy nood te verlos
O, alla, pappie; nou’s hy kaalbas.
iii Lente Spring
Die man gaan toe deur diepe waters
Bly nie weg van die digters en saters
Nou sit hy in ‘n kou
Wat hom kil binne hou
Hulle het hom beet aan die flaters.
iv Lente Spring
Hulle swaai hom hier; hul swaai hom daar
Hy kry geen liefdesonette klaar
Die ongenooide gas
Met die verplooide kwas
Verf bloeisels in ‘n swart put, siedaar!
v Lente Spring
A, ha, hy werk toe na nommer vyf
Met beeldspraak en ietsie om die lyf
‘n Jonkende varksog
Stoot haar blomme uit, og
Daar’s niks lekker aan sit, dink en skryf.
© Reinette Thiart, 2021