Margaret Cordier. Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk Louw
Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk Louw.
die jaar breek oop in sluise
die lug was swart … toe
die eerste druppels val
nou bruisend teen die helder lug
sproei die water
‘n reënboog vir ons trug
o, Heer, laat hierdie jaar
heilig word
uit alle dood en wanhoop
nuwe lewe spruit
waar vol riviere loop
‘n enkel jeug weer drome droom
U wind wat wolke waai
my op laat kyk na bo
© Margaret Cordier, 2022