
Versindaba nooi Afrikaanse en Nederlandse digters uit om gedigte voor te lê wat enige groot Suid-Afrikaanse ramp as tema het.
Enige digter wat al by ‘n hoofstroomuitgewer ‘n solobundel gepubliseer het of ‘n digter van wie ten minste 3 gedigte in een of meer versamelbundels opgeneem is wat by hoofstroomuitgewers verskyn het, mag deelneem. Alle gedigte wat ingestuur word, sal vir beoordeling in aanmerking kom, maar Versindaba se Inhoudsbestuurder behou die reg voor om te besluit of ‘n gedig op die tuisblad gepubliseer word of nie. Die kompetisie sluit op 20 Maart 2022, en die wenner ontvang R1 500 as prysgeld.
Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per digter nie. Slegs gedigte in Afrikaans of Nederlands sal aanvaar word. Slegs Nederlandse digters wat ‘n bankrekening in Suid-Afrika het, sal vir ‘n prys in aanmerking kom, aangesien ons nie fasiliteite het om prysgeld in oorseese rekeninge in te betaal nie. Nederlandse digters wat nie in aanmerking wil kom vir die prysgeld nie, is egter ook welkom om inskrywings te stuur.
Alle inskrywings moet as ‘n Word-dokument by ‘n e-pos aangeheg word: Arial, 11-punt, dubbelspasiëring, asseblief. Inskrywings kan gestuur word aan die Inhoudsbestuurder van Versindaba by die onderstaande e-posadres:
Foto afgelaai by:
https://www.google.com/search?q=disasters%2C+South+africa&tbm=isch&ved=2ahUKEwi66bvApuj1AhWAyLsIHU1UANkQ2-cCegQIABAA&oq=disasters%2C+South+africa&gs_lcp=CgNpbWcQAzIGCAAQBRAeMgYIABAIEB46BwgjEO8DECc6BQgAEIAEUKkGWMIzYMQ2aAFwAHgAgAHTA4gB2R-SAQgyLTEwLjMuMZgBAKABAaoBC2d3cy13aXotaW1nwAEB&sclient=img&ei=OUr-YfroCoCR7_UPzaiByA0&bih=568&biw=1366#imgrc=GgJ0bIbendp0aM
