Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 February 202221 February 2022

Octavio Paz. Drie gedigte (In Afrikaans vertaal deur De Waal Venter)

 

 

 

Uit: Libertad bajo palabra 1949

 

Dos cuerpos

(Octavio Paz)

 

Dos cuerpos frente a frente

son a veces dos olas

y la noche es océano.

 

Twee lywe

 

Twee lywe teenoor mekaar

is partykeer twee golwe

en die nag is ’n oseaan.

 

Twee lywe teenoor mekaar

is partykeer twee klippe

en die nag is ’n woestyn.

 

Twee lywe teenoor mekaar

is partykeer wortels

vervleg in die nag.

 

Twee lywe teenoor mekaar

is partykeer messe

en die nag is weerlig.

 

Twee lywe teenoor mekaar

is twee sterre wat val

in ’n leë hemelruim.

 

 

Basho an

(Octavio Paz)

 

El mundo cabe

en diecisiete sílabas:

tú en esta choza.

 

Basho an

 

Die wêreld pas

in sewentien sillabes:

en jy in hierdie hut.

 

Boomstompe en grasdak:

hulle kom in deur die skrefies:

boeddhas en insekte.

 

Gemaak van lug

tussen denne en rotse

ontkiem die gedig.

 

’n Verstrengeling

van klinkers en medeklinkers:

die huis van die wêreld.

 

Beendere van eeue,

nou klip, berge:

hier is hulle gewigloos.

 

Wat ek sê

is skaars drie reëls:

hut van sillabes.

 

 

Intervalo

(Octavio Paz)

 

Arquitecturas instantáneas

sobre una pausa suspendidas,

aparaciones no llamadas

ni pensadas, formas de viento

 

Pouse

 

Oombliklike argitekture

hang oor ’n pouse,

verskynsels nóg benoem

nóg bedink, windvorms,

onbeliggaamd soos tyd,

en soos tyd vergangklik.

 

Gemaak van tyd, maar hulle is nie tyd nie;

hulle is die spleet, die krakie,

die kort duiseling van tussenin

waar die deurskynende blom oopgaan:

hoog op die stingel van ’n weerkaatsing

verdwyn dit terwyl dit wentel.

 

Onaangeraak die helderhede

gesien met toe oë:

die deursigtige geboorte

en die kristalagtige val

in die oomblik van hierdie oomblik,

oneindig stil.

 

Buite die venster: die verlate

huisdakke en skarrelende wolke.

Die dag gaan verby, die stad

raak verlig, naby en ver.

Gewiglose uur. Ek asem

die oomblik in, leeg en ewig.

 

Vertaling uit die Spaans deur De Waal Venter, 2022

 

Octavio Paz het in 1990 die Nobelprys vir Literatuur ontvang.

‘n Kritikus het die volgende te sê oor Paz: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. “Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life,” Paz asks. “And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?”  Poets.org

Basho-an

In ongeveer 1670 het die Japanse digter, Matsuo Basho, per voet deur die valleie en berge rondom Kioto gereis. Hy het ’n rukkie in ’n hut langs die Kompoekoejie tempel gewoon. Ter herinnering aan hom word die hut Basho-An genoem.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Jacques Roubaud. Vertaling in Afrikaans

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d