Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 February 202225 February 2022

Cyril C.M. Clarke. soveel soos ‘n hart kan hou

 

soveel soos ’n hart kan hou 

 

‘Nobody has ever measured, 

not even poets, 

how much the heart can hold.’

Zelda Fitzgerald                 

 

op die stofgemergelde beendroë vlakte

duskant blaauwskop

waar dartelende stofduiwels

drogbeelde van verstoorde siele

oor die dorsland dartel en draai

loop lê ’n mof-ooi

moeg van maerte

 

swartkraai

bode van die dood

in ’n verflenste swart pak

land elegant

op haar hortende ribbes

klik sy snawel simpatiek

pik bedrewe haar oog uit

en

sluk dit smaaklik soos ’n oester

 

met ’n skor knetterende

kra-kra-kraaa kras kraaklag

knetter hy die lug in

en frommel vermetel

weg op die warm wind

 

sewejaardroogte se swaarkry

lê nie in die donker poele

van my pa se oë

waarin vele versengende horisonne

wolkloos weerspieël nie

nie in sy stofskor stem nie

nie in die wanhoop van sy weerlose skouers nie

of in sy geleefde verskrikking

van die verlore veldtog van tobruk

of die verpletterde puin van monte casino

of in die grafte

van gesneuwelde skoolmaters

in europa nie

maar

in sy kreukeldroë

grof afgesloofde hand

wat sy knipmes uithaal

en die skaap

keel-af sny

 

© Cyril C.M.Clarke, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Cyril C.M. Clarke. soveel soos ‘n hart kan hou”

  1. Waldemar Gouws says:
    25 February 2022 at 20:11

    Raker en tydloos spesifieker as wat ek my nog ooit vir Job kon voorstel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d