Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 February 20222 March 2022

Mellet Moll. Die Goue Poort van Kiëf

 

Die Goue Poort van Kiëf

 

My moederland sal treur oor die beleg

van hierdie brose stad waarin ons bly.

Want ons gaan tot die bitter einde veg.

 

Ons sal die wapen opneem vir ons reg

om steeds Kiëf se vryheidstryd te stry.

My moederland sal treur oor die beleg.

 

En deur ’n Goue Poort sal ons die weg

na Saint Sofia met die eerste lig gelei.

Want ons gaan tot die bitter einde veg.

 

My Oekraïne is ’n grensland onderweg:

ons woonplek in die Swartsee se vallei.

My moederland sal treur oor die beleg.

 

Zelenskyj sê die situasie gaan versleg

maar ek sal teen die inval terugbaklei.

Want ons gaan tot die bitter einde veg.

 

In Moskou het die nuuste tsaar geseg

dat hy ons van verdrukking kom bevry.

My moederland sal treur oor die beleg.

Want ons gaan tot die bitter einde veg.

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Ars Scientia
Mellet Moll. Vaal Reefs, 10 Mei 1995 →

4e gedagtes oor “Mellet Moll. Die Goue Poort van Kiëf”

  1. Mellet Moll says:
    27 February 2022 at 18:44

    Churchill se bekende woorde oor Rusland: “It is a riddle wrapped in a mystery inside an enigma.”

    ‘n Mens kry altyd die indruk dat die Russiese psige agter ‘n sluier versteek is en dat ‘n mens baie ondernemend moet wees om te verstaan wat daaragter aangaan, selfs in die kunste. Maar deur dit te doen is uiters bevredigend. Toevallig lê die bundel “I Burned at the Feast”, vertalings van Tarkowski (soos jy weet die digter en pa van die ikoniese filmmaker oor wie jy al geskryf het), tans langs my bed.

    Ek sou Rusland in 2017 besoek het omdat ons land tot op daardie stadium kernkrag as eerste keuse gestel het as toekomstige bron van elektrisiteit. Ons het destyds verskeie kundigheidsooreenkomste met Russiese (en Franse) universiteite aangegaan wat algemeen as leiers op daardie gebied bekend is. Na Zuma se bedanking het die klem geskuif na hernubare bronne en het die fokus na tegnologie-ooreenkomste met Duitsland en Skandinawië geskuif en het ek my kans verbeur. Ek sou bitter graag St Peterburg wou besoek, ‘n stad wat ‘n disproporsionele hoeveelheid kunstenaars opgelewer het.

    Baie dankie vir die verwysing na die film “Come and See”, ek kon dit opspoor en het dit afgelaai. Ek sien daarna uit om dit te kyk.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    27 February 2022 at 11:07

    Inderdaad. Ek sou Rusland weer besoek het, toe is dit die inperking. Die Hermitage veral en ‘n lang treinreis. Kyk na hierdie film as jy dit nie gesien het nie:
    https://en.wikipedia.org/wiki/Come_and_See
    Een van die skokkendste oorlogfilms nog. Klimov.
    Gebaseer op ‘n ware verhaal.

    Reply
  3. Mellet Moll says:
    27 February 2022 at 10:39

    Baie dankie vir die meelewende kommentaar, Joan.

    Kiëf is inderdaad van groot kulturele belang. Dit huisves verskeie beroemde katedrale en sedert die Oekraïne se onafhanklikheid van die voormalige Sowjet-Unie het verskeie skilders die tradisie voortgesit om die stad hulle tuiste te maak. Die stad was ook die tuisstad van die digter en skilder, Taras Sjewtsjenko, na wie heelwat geboue en instellings vernoem is.

    Die Oekraïne is al verskeie kere deur Rusland (asook Nazi-Duitsland en die Sowjet-Unie) verower.

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    26 February 2022 at 22:02

    In 1991 het ek Rusland en Kiëf besoek. Hierdie gedig ruk aan die keel.

    Van die grootste skrywers en denkers was hier woonagtig.

    Ek hoop dit kan opgelos word.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d