Belastingpligtige
11:49
goeiedag, ek wil graag …
to submit a return press one
… press four press six … press nine
dalk antwoord iemand by tien
… hysbakmusiek
12:04
you are number 933 …
mense by staatshospitale en
binnelandse sake en mcdonalds
in die stad kry nommers
… hysbakmusiek
12:27
you are number 873 …
my weermagnommer het met 73 begin
ek was 16, veilig in standerd agt, goddank
maar Wally was nie so gelukkig nie
… hysbakmusiek
12:31
You are number 747 …
die boeing was die helderberg
140 passasiers en 19 bemanning
geen oorlewendes
… hysbakmusiek
12: 56
You are number 660 …
my haarkapper lees angel cards voor die tyd en sê
kaart 660 is faith en benevolence van die universe
my hare getuig sy’t weer iets gerook voor die knip
… hysbakmusiek
14:09
You are number 119 …
twee vliegtuie twee wolkekrabbers
ek was toe al drie maande werkloos
en die televisie was toevallig aan
… hysbakmusiek
14:17
Good afternoon, how may I …
knipoog selfvoldaan vir die hond
haal diep asem, kies die regte woord
your call limit has been reached
please recharge your account
© Hannes Visser, 2022