Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 March 2022

Trienke Laurie. Coalbrook Mynramp

 

Coalbrook Mynramp

21 Januarie 1960

 

Vinger wys, vinger wys agterna –

daartoe is ons geneig

en dan sal ons ook vrae vra.

Waarom het niemand die eerste storting

van Desember 1959

aan die inspekteur uitgewys nie?

Waarom is daar geswyg?

 

Tweedegraadse steenkool

is weer gemyn in die hoër strata.

Dit laat ‘n opening

tussen die dak en die stutpilare.

 

Hier by die eksperiment

ʼn maand later, by die Clydesdaleskag

tuimel die dak in

Die lugreëlaar is kapot

en giftige gas bedreig die werkers:

koolstof monoksied  en metaan!

 

Soos miere peul hulle dadelik uit

word waarlik dreigend teruggestuur.

Twee waag dit om te weier.

Van die duisend ondergronds

sterf amper die helfte.

Die res kon vlug deur die hellingskag.

Net die hysbakman bly lewe.

Die res is lewend begrawe

het versmoor en is vermorsel.

 

ʼn Kaskade van 900 pilare kalwer in

ʼn domino-effek.

 

Die drilboor stop op doloriet.

Toe word geluister

met mikrofone soos ‘n stetoskoop:

net ‘n gedrup drup van water.

Geen hartklop.

Geen hart het toe geklop.

 

Net die Salvation Army gee sop

 

© Trienke Laurie, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Trienke Laurie. Trustee Jordaan

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d