‘n lewe as fisika
my vriende en familie
is ‘n versameling boeke en bundels
netjies gerangskik in die dorp
se wit munisipale biblioteekrak
van woordeboeke, how-to guides en comics,
tot kinderstories en
die hele reeks Encyclopedia Britannica
hier is my pa ‘n avontuurverhaal,
my ma ‘n bloemlesing afrikana
en ek
(die een onder in die trollie
wat die bibliotekaris bly vergeet om weg te pak)
is een getiteld:
Entropie en die twede wet van termodinamika
© Eduan Naudé, 2022