ATKV-Skryfskool 6 – 10 Junie 2022

 

Vakgroep Afrikaans en Nederlands, NWU

 

Winterskool weer met trots in 2022 aangebied

’n Volle 37 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so – met ’n Winterskool.

Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul loopbane kom vind. Van 6 tot 10 Junie 2022 bied die ATKV-Skryfskool weer so ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede op die NWU-kampus in Potchefstroom.

Soos in die verlede kom gee bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale en gedigte.

Die hartklop van die Winterskool is die werkwinkels waartydens kursusgangers kan slyp aan die pennevrugte wat hulle by inskrywing moet voorlê. Ook hier neem gevestigde skrywers die leiding.

’n Ander sterkpunt van die Winterskool is dat kursusgangers uit die spreekwoordelike perd se bek kan hoor wat uitgewers verwag van skryfwerk wat die paal by manuskripkeurders behoort te haal. In 2022 kom maak verteenwoordigers van die Afrikaanse hoofstroomuitgewers weer ’n draai by die Winterskool.

Wou jy nog altyd eerstehands uitvind wat ’n stuk kreatiewe skryfwerk goed maak? Skryf dan in om die Winterskool 2022 (teen ’n 2019-prys!) by te woon. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 27 Mei 2022.

Kom in aanraking met Kobie van Aswegen (sekretaresse) van die ATKV-Skryfskool vir meer inligting: kobie.vanaswegen@nwu.ac.za; tel. 018 299 1783.

Skakel met Thys Human, direkteur van die ATKV-Skryfskool, vir onderhoude: thys.human@nwu.ac.za; tel. 018 299 1782.

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*