Gerhard Barkhuizen. Dislojale verset
Dislojale verset
Jou oë kaats
die onvermoë om vrees
in myne raak te lees.
Jy ruik nie die asem
wat honger
deur gebarste lippe wasem.
Jy bly doof
vir my storie wat vertel
van daklek en winterhel.
My koker met die Quink trek leeg,
ek vul dit aan by Total in ’n steeg.
Ek pen sò my verhaal
in die ontvlambare
twaalfde taal.
Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll