Digtersprofiel. Toast Coetzer

 

Toast Coetzer is in 1977 in Cradock gebore, het in Somerset-Oos skoolgegaan, in Grahamstad studeer en woon nou in Kaapstad. Hy is bekend as joernalis, musikant, skrywer en digter.

Hy begin reeds op skool vir die skoolkoerant skryf. Hy studeer joernalistiek aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad waar hy ook by die studentekoerant Activate betrokke is. Hy werk ook as platejoggie op die studente radiostasie Rhodes Music Radio en ontmoet daar vir Gilad Hockman, saam met wie hy in 1998 die popgroep Buckfever Underground stig.

Sy eerste gedigte is in Nuwe Stemme 2 gepubliseer (2001) en sedertdien ook in ander joernale en zines. Sy debuut-novelle, Naweek, het in 2009 by Tafelberg verskyn en was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg Debuutprys in 2010.

Hy werk as joernalis by Weg en Go!

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*