Jan de Bruyn is gebore op 25 November 1941 in die Moedersbond in Pretoria. Hy was onderskeidelik ’n klerk in die Staatsdiens, ’n onvanpaste netjies verpakte outsider-fenomeen in die privaatsektor, ’n meer van paste bruingebrande voorman op verskeie Rhodesiese plase; ’n boer op eie rekening en gevolglike insolvent in Suid-Afrika; ’n akademikus aan verskeie universiteite en ’n sakeman op Louis Trichardt. Hy is in Mei 2007 oorlede nadat sy bydrae vir Versindaba reeds ontvang is.
Jan de Bruyn het die volgende digbundels gepubliseer: Vuurtent in die sneeu (1984); Te bruin vir groen (1987) en Witvuurlig (2004).
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]