Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 October 202226 September 2022

Digtersprofiel. Heilna du Plooy

 

Heilna du Plooy het in Bronkhorstspruit en Alberton grootgeword.  Sy studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en behaal in 1967 die B.A.-graad (met Afrikaans-Nederlands, Engels en Wiskunde as hoofvakke) en in 1968 die Hoër Onderwysdiploma. Sy studeer hierna verder aan die Universiteit van Pretoria en behaal haar B.A. Honneurs-graad in 1977 met onderskeiding en in 1984 die M.A.-graad in Afrikaans onder leiding van professor Elize Botha (ook met onderskeiding), met ’n verhandeling oor “Die verhaal in ‘Laat vrugte’ en ’18-44’”. In 1985 voltooi sy ’n proefskrif in Literatuurwetenskap oor “Verhaalteorie in die twintigste eeu” en behaal hiermee die D.Litt.-graad onder professor T.T. Cloete by die Potchefstroomse Universiteit.

Na haar huwelik met Andries du Plooy woon sy 6 jaar in Durban, 11 jaar in Pretoria en sedert 1986 in Potchefstroom waar sy tans professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde  aan die Noordwes-Universiteit is.

Sy het ’n paar kortverhale in literêre tydskrifte gepubliseer asook ’n akademiese werk, Verhaalteorie in die twintigste eeu (Butterworth, 1986), en bydraes in verskeie versamelings van artikels en essays oor die Afrikaanse letterkunde. Sy het drie digbundels gepubliseer, naamlik Die donker is nooit leeg nie (1997), In die landskap ingelyf (2003), en Die stilte opgeskort (2014).

Heilna du Plooy se gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Honderd jaar later, Majesteit, die kat en Nuwe verset. In 2001 wen sy die tydskrif Literator se Litera-prys vir kreatiewe skryfwerk vir die beste bydrae vir daardie jaar in hierdie tydskrif vir haar gedig “Elegie”. Saam met Loftus Marais stel sy die versamelbundel Nuwe stemme 5 saam uit die werk van voorheen ongebundelde digters. In 2020 word haar gedigte ‘Lemoene I’, ‘Egpaar’, ‘Geliefde klankbord’, ‘ma’ en ‘In ‘n stewige ou gebou’ in Vers en vrou opgeneem.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Hans du Plessis
Digtersprofiel: Basie Duvenhage →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons
  • Koos de Wet. Pollenys
  • Erwin Rode. Die opvaart van die afvalliges
  • Betani Wiese. Tuin

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d